Die Kleuterskool - Resepsiejaar (Graad R)

Ons einddoel is dat wanneer ons Bonthuiskinders gradueer aan die einde van hul Graad R-jaar, dat hulle ten volle toegerus sal wees om te gedy in enige skool, in enige land aangesien hulle dan reeds gebalanseerde, selfversekerde kinders is. Ons strewe is aanmoediging en ontwikkeling van entrepreneurskapvaardighede deur middel van onderrig met 'n internasionale inslag.

Ouerbetrokkenheid aangaande kinders se ontwikkelingsmoontlikhede, vorm 'n integrale deel, en is ook die mees belangrike aspek van ons program. Noue samewerking met die ouers is essensieel. Op grond hiervan het ons jaarliks 'n oueraand waar kinders se vordering formeel met ouers bespreek word. Al die personeellede is egter ook altyd bereid om enige probleme en vordering met ouers te bespreek.

Die program sluit die volgende in:

Persoonlike, Sosiale en Emosionele Ontwikkeling
  • •   Mededeling van eie ervarings
  • •   Die belangrikheid van respekbetoning aan alle mense en hul besittings, asook selfrespekverwerwing teenoor die wêreld in sy geheel.

Fisiese Ontwikkeling
  • •   Groot motoriese koördinasie
  • •   Persepsie – ouditief en visueel
  • •   Liggaamsbelewing
  • •   Verwerwing van basiese vaardighede
  • •   Bewegingspel
  • •   Ballet, sokker, musiek, rekenaarklasse, kinderkinetika, Ulricke se kunsklasse, MiniSkaak, Experi-Maatjies, "Playball", "CMaths", "Froggie" Swemskool is beskikbaar as buitemuurse aktiwiteite

Kommunikasie, Taal en Geletterdheid
  • •   Stories en lees
  • •   Lees – Ontwikkeling van vaardighede verwerf vanuit die voorafgaande drie jaar
  • •   WBeklemtoning van die weeklikse tema om sodoende woordeskat- en kennisuitbreiding te bewerkstellig en die wêreld vir ons kinders oop te stel.
  • •   Basiese skryfvaardighede

Ontwikkeling van Kritiese en Kreatiewe Denkvaardighede
  • •   Wiskunde – Kognitiewe ontwikkeling met behulp van 'n nagevorsde kurrikulum.
  • •   Wetenskap – basiese wetenskap eksperimente in ooreenstemming met die weeklikse tema asook opdragte uitgevoer met behulp van die onderwyseres.
  • •   Kuns – ontwikkeling van fyn motoriese vaardighede en kreatiwiteit.
  • •   Rekenaaronderrig in 'n moderne toegeruste rekenaarsentrum beskikbaar op die perseel.

Kulturele Ontwikkeling
  • •   Gereelde kooroefening – geleentheid word aan kinders gebied om aan verskeie kunswedstryde deel te neem.
  • •   Musiek - Aanvullende musiek wardeering beskikbaar
  • •   Pretoria Eisteddfod
  • •   Weeklikse drama-sessies
  • •   Poppekasvertonings op 'n gereelde basis aangebied
  • •   Opvoedkundige besoeke volgens tema
  • •   Uitstappies na verskillende gebiede in Pretoria
  • •   Konserte
  • •   Centurion Kunstefees
  • •   Entrepreneursdag
  • •   Vier Jeugdag met Potjiekos
  • •   Bonthuis Verjaardag: Informele piekniek, poppekasvertonings, vermaak deur bekendes
  • •   Oueroggend: Vertoning deur elke klas
  • •   Ma en Dogter Dag: Teepartytjie
  • •   Pa en Seun Kamp
  • •   Ouma en Oupa Piekniek Dag

Gesondheid
  • •   'n Fisioterapeut beskikbaar op perseel.
  • •   'n Goed gebalanseerde dieet wat daagliks voorsien word.
  • •   Volle gesondheids toetse insluitend sig en gehoor toetse voor graduering.


Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer