Meer oor ons

Sedert die stigting van Bonthuis op 1 April 1979, was ek as eienaar gedetermineerd om 'n omgewing te skep waarin kinderontwikkeling op 'n positiewe wyse kon floreer. Bonthuis, met die ondersteuning van puik personeel, het gevolglik bekend geword vir hoë akademiese standaarde gehandhaaf, asook vir die ontwikkeling van individuele talente met die kind se behoefte aan privaatheid en gerief as uitgangspunt; dit is ook die basis waarop toekomstige beplanning berus.

Die eienares Mev. Vonka Cloete is op 15 Oktober 2008 oorlede. Haar eggenoot Mnr. Frans Cloete, seun Mnr. André Cloete en dogter Dr. Yvette Cloete is die nuwe eienaars van Bonthuis Kleuterskool en Mev. Annette Lategan is aangestel as skoolhoof.

Dit is ons strewe om aan al hierdie doelwitte te voldoen en om ook die beste moderne opvoedingsgeleenthede te bied. Bonthuis is 'n Crèche cum Kleuterskool in Erasmusrand, Pretoria, wat voldag versorging aan babas en kleuters bied, vanaf drie maande tot Graad R.

Kommunikasie tussen skool en u as ouers, is onontbeerlik. U kind se geluk en welsyn lê ons na aan die hart, en word te alle tye nagestreef. Neem die vrymoedigheid om enige onsekerheid met die skoolhoof of personeel te bespreek.


Ons Dienste   

Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer