| |
Bonthuis is 'n Crèche/Kleuterskool in Erasmusrand,
Pretoria, wat voldag versorging aan babas en kleuters bied, vanaf drie maande tot Graad R.
Dit is ons oortuiging dat gesonde en gebalanseerde kinders, intellektuele, emosionele, sosiale en fisieke
stimulering benodig deur alle fases van ontwikkeling in hulle opweg-wees-na-volwassenheid. Ons gekwalifiseerde
en uitgesoekte kleuterskoolpersoneel bied 'n gestruktureerde skoolgereedmakingsprogram aan, om aan hierdie vereiste te voldoen.
|
|