classroom environment
 

Om 'n kind toe te rus met 'n ryk, kleurvolle en uitgebreide woordeskat, is die beste toerusting waarmee jy jou kind die wêreld kan instuur. Nie alleenlik beïnvloed dit sy geletterdheid nie, maar ook die stimulering van potensiële leervaardighede en sodoende word kinders vir die formele akademie voorberei.

By Bonthuis word onderrig in elke ouderdomsgroep, beide in Afrikaans en Engels, aangebied. Daar is wel 'n behoefte bepaal dat ons vanaf die 4jaar ouderdomsgroep, onderrig verskaf in die taal van die ouers se keuse. Gespesialiseerde onderwysers voorsien in die verfyning en verwerwing van taalvaardighede.

Algemene Doelwitte:

  • Om `n gevoel van liefde, respek en waardering vir die Afrikaanse taal te werk.
  • Om die vaardighede van luister (reseptiewe) en gesels (ekspressiewe) te ontwikkel.
  • Om die vaardigheid aan te leer om effektief, met selfvertroue en die nodige begrip in Afrikaans te kommunikeer.
  • Om die kind se woordeskat, gebruik van Afrikaans, uitspraak en verryking van die taal aan te moedig.
  • Om respek te hê vir boeke en`n liefde te kweek vir lees.
  • Om sy verbeeldingswêreld te stimuleer en riglyne daar te stel om sy taal in `n kreatiewe manier te kan gebruik en uit te leef.

 

Inligting | Crèche | Kleuterskool | Resepsiejaar | Rekenaarsentrum | Kultuur | Speelgrond | Taal | Kontak Ons | Web Werf Uitleg | TuisBlad | Bemarking | SEO