kinder spier ontwikkeling pretoria, gauteng
 
kinder spier ontwikkeling in pretoria gauteng

Die benutting van die speelterrein bied kinders die geleentheid tot deelname aan, en inter-aksie met, fisieke aktiwiteite. Die ontwikkeling van spiere en koördinasie kan slegs deur middel van beweging optimaal ontwikkel word.

Die Bonthuis omgewing asook personeelbetrokkenheid bewerkstellig konstruktiewe verwerwing van hierdie vaardighede. Geskikte toerusting, ruimte en vryheid bied geleentheid vir ondersoekende gedrag van, en beheer oor die omgewing; die ontwikkeling en versterking van fisieke vaardighede word hierdeur bewerkstellig. Speletjies maak voorsiening vir klim-en-klouter-, kruip-, spring- en hardloopaktiwiteite.

Die speelterrein akkommodeer ook kinders se behoefte aan fantasie-, verbeelding- en ontdekkende spel. Taspersepsie word ontwikkel met behulp van sandput-aktiwiteite, asook deur 'n verskeidenheid sand teksture, gras en blare wat op die speelterrein beskikbaar is.

 

 
Inligting | Crèche | Kleuterskool | Resepsiejaar | Rekenaarsentrum | Kultuur | Speelgrond | Taal | Kontak Ons | Web Werf Uitleg | TuisBlad | Bemarking | SEO