| |
GRAAD R
Ons einddoel is dat wanneer ons Bonthuiskinders gradueer
aan die einde van hul Graad R-jaar, dat hulle ten volle
toegerus sal wees om te gedy in enige skool, in enige
land aangesien hulle dan reeds gebalanseerde, selfversekerde
kinders is. Ons strewe is aanmoediging en ontwikkeling
van entrepreneurskapvaardighede deur middel van onderrig
met 'n internasionale inslag.
- Persoonlike, Sosiale en Emosionele Ontwikkeling
Ouerbetrokkenheid aangaande kinders se ontwikkelingsmoontlikhede,
vorm 'n integrale deel, en is ook die mees belangrike
aspek van ons program. Noue samewerking met die ouers
is essensieel. Op grond hiervan het ons jaarliks 'n
oueraand waar kinders se vordering formeel met ouers
bespreek word. Al die personeellede is egter ook altyd
bereid om enige probleme en vordering met ouers te bespreek.
|
|