Bonthuis
maak gebruik van Just Click wat vir ons t.o.v.
ons kurrikulum die beste rekenaargesteunde onderrig
bied.
Ons Visie
Just Click beywer hom daartoe om 'n hoër persentasie
individue te kweek wat emosioneel, intellektueel en
tegnologies toegerus is, om 'n positiewe bydrae tot
die land se maatskaplike en ekonomiese welvaart te maak.
Leerprogram
'n 3 Jaar leerprogram vir 4-6 jariges, met 120 lesse,
wat verdeel is in 5 hoofafdelings nl:
- Persepsie
- Geheue
- Kreatiwiteit
- Logika
- Wiskunde ontwikkeling
Klem word gelê op emosionele vaardighede soos:
- Waaghouding
- Samewerking
- Doelwitstelling
- Selfvertroue
- Entoesiasme
Bevorder taakgerigtheid soos:
- Konsentrasie
- Besluitneming
- Probleemoplossing
- Taakvoltooiing
|
- Selfstandige werk
- Fyn waarneming
- Logiese redenasie
- Deursettingsvermoë
|
|
Werk Voorkomend 50 Verskillende vaardighede
word voortdurend gestimuleer en ge-evalueer, om te veseker
dat enige probleme – klein of groot – geïdentifiseer
word en hulp vroegtydig verleen word. Leerders met 'n
vinnige leertempo word aangemoedig om 'n hoër standaard
te behaal en daardeur hul unieke potensiaal uit te bou.
Individuele Aandag
'n
Maksimum van 5 leerders word per les geakkommodeer,
wat individuele aandag verseker. Lesse word op 'n genotvolle
wyse, in 'n opbouende, ontspanne atmosfeer aangebied,
in die bekende omgewing van die skool.
Verslae
Verslae word 3 keer per jaar uitgereik, gebaseer op
die evaluasie wat gedurende die kwartaal gedoen word.
Terugvoering ten opsigte van die leerder se vordering en
ontwikkeling word deurlopend aan die onderwysers deurgegee.
|