kinder kunsonderrig in pretoria, gauteng kunsonderrig
 
kinder kunsonderrig in pretoria, gauteng

'n Diepgaande kulturele instink om uitdrukking aan emosionele ervarings met behulp van kuns weer te gee, is kentekend vanaf die vroegste bestaan van die mensdom.

Die blootstelling van kleuters aan Kunsonderrig en kunsklasse verseker holistiese ontwikkeling, maar dien terselfdertyd ook as 'n uitlaatklep vir die ongesproke en ongeskrewe woord. Kunsonderrig is ook die lanseringsplatform vanwaar kinders se ondersoekende denke ontsluit word.

Kunsonderrig stimuleer kognitiewe groei, die hoeksteen waarvan alle ander intellektuele ontwikkeling afhanklik is. Daar word dus voorsiening gemaak vir die ontwikkeling van kreatiewe denkprosesse soos probleemoplossing, relasie en detail.

Vroeë identifisering van spesiale kunsaanleg, is noodsaaklik. Ons ten volle toegeruste fasiliteite, verseker dat 'n hoogstaande standaard deurgaans gehandhaaf word.

Kunsonderrig aan Bonthuis Crèche cum Kleuterskool, slaag op 'n uitmuntende wyse in die bereiking van hierdie doelwitte.

   
 
kinder musiek ontwikkeling pretoria, gauteng

Musiek is een van die kragtigste kunsvorms wat 'n baie groot invloed op die totale ontwikkeling van 'n kind uitoefen. Suksesbereiking in een of ander vorm, word vir elke deelnemende kind moontlik gemaak, aangesien musiek individueel beleef word. Sukses en selfvertroue loop hand aan hand en bevorder selfwaarde wat die kind in staat stel om moeiliker take aan te pak.

'n Afgeronde opvoeding sluit musiekwaardering in wat luistervaardighede, konsentrasie en intellektuele vermoëns bevorder.

Kinders geniet musiekwaardering!

Troetel u kind se musiekaanleg, hy/sy sal lewenslank die voordele daaraan verbonde, benut.

 
 
Inligting | Crèche | Kleuterskool | Resepsiejaar | Rekenaarsentrum | Kultuur | Speelgrond | Taal | Kontak Ons | Web Werf Uitleg | TuisBlad | Bemarking | SEO