| |
Inleiding
Sedert die stigting van Bonthuis op 1 April 1979,
was ek as eienaar gedetermineerd om 'n omgewing te skep
waarin kinderontwikkeling op 'n positiewe wyse kon
floreer. Bonthuis, met die ondersteuning
van puik personeel, het gevolglik bekend geword vir
hoë akademiese standaarde gehandhaaf, asook vir
die ontwikkeling van individuele talente met die kind
se behoefte aan privaatheid en gerief as uitgangspunt;
dit is ook die basis waarop toekomstige beplanning berus.
Die eienares Mev. Vonka Cloete is op 15 Oktober 2008 oorlede. Haar eggenoot, Mnr. Frans Cloete is die nuwe eienaar van Bonthuis Kleuterskool en Mev. Annette Lategan is aangestel as skool hoof.
Dit is ons strewe om aan al hierdie doelwitte te voldoen
en om ook die beste moderne opvoedingsgeleenthede te
bied.
Bonthuis is 'n Crèche cum Kleuterskool in Erasmusrand,
Pretoria, wat voldag versorging aan babas en kleuters
bied, vanaf drie maande tot Graad R.
Dit is ons oortuiging dat gesonde en gebalanseerde
kinders, intellektuele, emosionele, sosiale en fisieke
stimulering benodig deur alle fases van kinderontwikkeling
in hulle opweg-wees-na-volwassenheid. Ons gekwalifiseerde
en uitgesoekte personeel bied 'n gestruktureerde skoolgereedmakingsprogram
aan, om aan hierdie vereistes te voldoen.
Kommunikasie tussen skool en u as ouers, is onontbeerlik.
U kind se geluk en welsyn lê ons na aan die hart,
en word te alle tye nagestreef. Neem die vrymoedigheid
om enige onsekerheid met die skoolhoof of personeel
te bespreek.
Wonderlike voordele wat u by BONTHUIS te wagte
kan wees:
- Indien u na 'n kleuterskool soek waar die louter
vreugde van kinders hul in staat stel om te gedy,
talente en gawes ontgin, vertroetel en ontwikkel word
tot lewenslange benutting, is BONTHUIS heel moontlik
die eindpunt van u soektog.
-
Die kleuterskool is ruim, goed toegerus en baba-vriendelik.
-
Die kleuterskool bestaan uit agt pragtige klaskamers
wat goed beplan is en vindingryk benut word.
-
Ons beskik oor twee groot speelterreine aangesien
ons daarvan oortuig is dat spel en vryheid van beweging
vir kinders noodsaaklik is. Gedurende die somermaande
speel kinders onder skaduryke bome terwyl die speelterrein
gedurende die wintermaande 'n sonnige omgewing bied.
-
Elke ouderdomsgroep kinders word deur ten volle
gekwalifiseerde onderwyseresse met jare lange ervaring
onderrig; onderwyseresse is toegewyd om die volle
potensiaal van elke kind as 'n unieke individu te
ontwikkel en sodoende sy/haar bestaansreg te help
vervul.
-
Elke kind word op sy naam aangespreek deur alle
lede van die personeel. Dit verseker dat elke kind
belangrik en gekoester voel.
-
Onderrig word in beide Engels en Afrikaans aangebied.
-
Die benutting van 'n nagevorsde kurrikulum met spesifieke
doeleindes vir verskillende ouderdomsgroepe:
- 'n Geïntegreerde Britse en 2005 pre-primêre
kurrikum word gebruik.
Hierdie kurrikulum is getoets, nagevors en
suksesvol geïmplementeer.
Twee personeellede word op 'n twee-jaarlikse basis
na die Verenigde Koningkryk gestuur
waar gesaghebbende skole besoek word en wat as
meetinstrument en monitor vir ons
standaard en metodes dien.
-
Implementering geskied op 'n gedifferensieerde
basis en volgens ouderdomsgroepe.
-
Kunsonderrig word deur die onderskeie klasonderwyseresse anngebied. Blootstelling aan 'n verskeidenheid media dien as ontwikkeling en verfyning van denkeontplooiing, soos probleemoplossing en kreatiwiteit.
-
Gedifferensieerde onderrig binne elke ouderdomsgroep
verseker die nodige aandag en stimulering wat deur
individue vereis word.
-
Indien 'n kind remediërende
onderrig benodig, word daar ook in hierdie behoefte
voorsien. Sodoende verseker ons dat elke kind sy
volle potensiaal ontwikkel en bereik.
-
Bonthuis is gedurende die hele jaar oop. Bonthuis sluit gewoonlik 15 Desember tot 2 Januarie.
-
Ons ure is soos volg: 06h30 tot 17h30, Maandag tot
Vrydag.
-
Twee gebalanseerde etes (oggend- en middag)
word voorsien asook peuselhappies, vrugte en vrugtedrankies.
-
Die veiligheid van ons kinders is van uiterste belang,
daarom word gebruik gemaak van die heel beste sekuriteit asook van 'n voltydse wag.
-
Fisioterapiedienste op die perseel aangebied:
- Longbehandeling vir toestande soos asma, brongitis,
boonste lugweg en
respiratoriese infeksies.
- Sinusitus
-
Indien die ouers dit verlang, kan kinders aan bykomende
buitemuurse aktiwiteite deelneem. Hierdie aktiwiteite
word deur gekwalifiseerde, bekwame onderwysers
aangebied met jare lange ondervinding:
- Rekenaaronderrig
- Musiekwaardering
- Sokker
- Ballet
- Playball
- Gholf
- Kinder Kinetika
|
|