bewaarskool in pretoria, gauteng
 

 

Die belangrikheid van 'n kind se eerste drie jaar kan nie genoeg beklemtoon word nie. By Bonthuis word nie slegs die beste fisiese versorging nagestreef nie, maar om ook 'n basis te voorsien vanwaar toekomstige leer- en ontwikkelingsmoontlikhede ontgin kan word. Puik personeel verseker dat hierdie strewe bewaarheid word.

Die crèche beskik oor 'n fisioterapeut en gekwalifiseerde onderwyseresse asook assistent onderwyseresse en helpers.

Die program sluit die volgende in:
  • Persoonlike, Sosiale en Emosionele Ontwikkeling

    • Die ontwikkeling van 'n positiewe selfbeeld – die funksionering binne groepsverband te bevorder sowel as mededeelsaamheid.
    • Die verwerwing van toepaslike eetvaardighede volgens ouderdomsgroep.
    • Toiletroetine
    • Inoefening van basiese sosiale vaardighede, soos higiëne, maniere, ens.
    • Fisiese Ontwikkeling
      • Aanmoediging en ontwikkeling van fisiese mylpale.
      • Sensoriese persepsie – ruimtelike orïentering.
      • Liggaamlike bewuswording – begrip van liggaam (liggaamsdele).
      • Speletjies ter bevordering van basiese leervaardighede.
 
  • Kommunikasie, Taal en Geletterdheid

    • Beklemtoning van die weeklikse tema verseker nie alleenlik die bevordering en uitbreiding van woordeskat nie, maar bied ook geleentheid tot kennisverwerwing en ervaring van die omgewing.
 
  • Ontwikkeling van Kritiese en Kreatiewe Denkvaardighede

    • Wiskunde – Leer om konkrete voorwerpe te tel, blootstelling aan geometriese figure,
      kleure en groottes.
    • Kuns – blootstelling aan, en eksperimentering met verskillende media.
    • Wetenskap - Basiese wetenskap in ooreenstemming met die weeklikse tema.
    Kulturele Ontwikkeling
    • Musiek / Poppekas
  • Gesondheid
    • 'n Fisioterapeut beskikbaar op perseel.
    • 'n Goed gebalanseerde dieet wat daagliks voorsien word.

 

 
Inligting | Crèche | Kleuterskool | Resepsiejaar | Rekenaarsentrum | Kultuur | Speelgrond | Taal | Kontak Ons | Web Werf Uitleg | TuisBlad | Bemarking | SEO